Wat ‘n grap

images-1

Met die dat ek vanoggend se iStore-nuusbrief lees, val my bek toe mos nou behoorlik oop. Van stomme verbasing. Waarna ek maar net kan kopskud en grinnik.

Vanselfsprekend neem ek toe screenshots daarvan. So ‘n grap móét oorvertel word.

Screen Shot 2015-08-07 at 8.45.50 AMScreen Shot 2015-08-07 at 8.46.29 AM

Net dit. Geen ander apps nie. Om, van alle dae, Vrouedag te vier.

Toe toe toe, kaalvoet en swanger terug kombuis toe met julle. En moenie vergeet om mooi te lyk nie, hoor!

“Want ons is lief vir hulle”

‘Laaste groot jagter’ Toppie Kruiper sterf in sy slaap – Netwerk 24

En net nou die dag het ek oor jou en jou broer John geskryf.

Sal ek ooit jou woorde destyds aan my vergeet toe een van die gidse jou kennis oor jou eie wêreld bevraagteken het?

Só het ek nog daaroor geskryf:

Gids van die Wilderness Leadership School: “Dis ’n toktokkie.”

Kelkie: “Kan nie wees nie, hy’s te plat. Toppie, wat’s dit dié?”

Toppie, die Boesmangids: “Dis ’n platanna.”

Wilderness Leadership School-gids: “Die boek sê dan dis ’n toktokkie.” Hy staan op om die boek te gaan haal.

Kelkie aan Toppie: “As jy sê dis ’n platanna, dan ís dit ’n platanna.”

Toppie: “Ja, want ons is lief vir hulle.”

V staan vir Valeriya ….

asook verpletter, verwilderd, verwoes, verreikend, verwese, verwoed. (tina se uitdaging)

Waarskuwing aan romantiese siele: Ontnugtering in laaste deel van video.

Valeriya (die verhoognaam vir Alla Yuriavna Perifilovaish) is een van die divas van Russiese popmusiek. Sy is in 1968 in die dorpie Atkarsk gebore in ‘n gesin van klassieke musikante en het aan die Gnesin Akademie vir Musiek, die mees beroemde musiek-akademie in Rusland, gegradueer.

Tydens haar loopbaan ontvang sy verskeie toekennings asook die titel “Honoured Artiste of Russia” op aanbeveling van die president. In 2005 verskyn sy op die lys van die 50 hoogs betaalde mense in die film-, sport-, letterkunde- en musiekbedryf.

In haar outobiografie “Life, Tears and Love” onthul sy in 2006 vir die eerste keer skokkende besonderhede oor haar huwelik met haar tweede man, Alexandr Shulginby, by wie sy drie kinders het. Sy is tans met Linda Prigozhin getroud.

In 2007 word sy namens die Russiese Federasie ‘n welwillendheidsgesant vir die Internasionale Organisasie vir Migrasie (IOM) wat hulle daarvoor beywer om mensehandel te bekamp. Sy beplan om volgende jaar van haar konserte in Europa aan die bewusmaking van die probleem te wy.

 

 

Hello world!

Welcome to WordPress.com. After you read this, you should delete and write your own post, with a new title above. Or hit Add New on the left (of the admin dashboard) to start a fresh post.

Here are some suggestions for your first post.

  1. You can find new ideas for what to blog about by reading the Daily Post.
  2. Add PressThis to your browser. It creates a new blog post for you about any interesting  page you read on the web.
  3. Make some changes to this page, and then hit preview on the right. You can always preview any post or edit it before you share it to the world.